Your Recipe Blog

3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

3 BESTANDDELE SPONSKOEK-VARIASIE

  • 6 eiers, geskei
  • 1 koppie strooisuiker (wat ek vervang het met Natvia)
  • 1 koppie bruismeel

Klits die helfte van die suiker by die eierwit tot dit stywe punte vorm, maar nie droog is nie.
Klits die ander helfte van die suiker by die eiergele tot dit lig is.
Vou die geel deur die wit en meng liggies.
Sif die bruismeel bo-oor en vou deur.
Giet in twee losboom koek panne en bak vir 30 minute by 180ºC.
Laat afkoel en versier met aarbei konfyt (wat ek self gekook het met Natvia) en styfgeklitste room.
Vars aarbeie vir bo-oor.

VARIASIE
Maak dit ‘n 4 bestanddeel koek wat ook lekker is en vervang die bruismeel met 1 ½ koppie Maizena en 1 teelepel bakpoeier. Veerlig lekker.

Foto een aanpassing: Hettie Bezuidenhout

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page