3 BESTANDDELE MIELIEBROOD
Die maklikste, vinnigste en heerlikste ooit. Heerlik ook vir ‘n braai.
- 500 g bruismeel
- 1 blikkie “creamy sweetcorn” mielies
- 1 blikkie Ideal Melk
Voorverhit oond tot 180°C.
Sif die bruismeel in ‘n mengbak.
Voeg daarby die mielies en die Ideal Melk.
Meng goed.
Skep in 2 broodpannetjies.
Bak vir so 45 minute.
Heerlik met enige smeer daarop.
Resep en foto: Ria Posthumus