3 BESTANDDELE KANEEL DONUTS
- 500 g bruismeel
- 350 g vanilla “drinking” yogurt
- 100 g gesmelte botter
- Ekstra:
- 250 ml of meer olie, vir diep braai
- fyn kaneel en suiker, gemeng vir bo-oor strooi
Meng die eerste 3 bestanddele saam tot ‘n deeg.
Druk plat op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk die ronde vorms uit, en ook die gaatjie in die middel.
Verhit die olie, nie te warm en sit die donuts in die warm olie, bak tot goudbruin.
Haal uit en sit op kombuispapier vir die ekstra olie om te dreineer.
Rol die gaar donuts in fyn kaneel- en suikermengsel.
Pak op ‘n mooi bord, strooi nog bietjie kaneelsuiker oor en geniet.
Resep: Mellissa Honeybee Cloete
Foto: Lisinda Blaauw
het hierdie probeer …BRUISMEEL IS WAT MOET GEBRUIK WORD.
KOEKMEEL LAAT DIT NIE RYS NIE
Baie dankie vir jou terugvoer, dit is soos ons dit ontvang het van die bakster af, maar seker ‘n vingerfout. regtig jammer ek is dabkbaar dat jy ons laat weet het.