20 MINUTE SAMPIOENSOUS
- 1 eetlepel botter of margarien
- 1 pakkie sampioene, opgesny
- 1 ui, in ringe gesny
- 1 eetlepel knoffel
- 1.5 koppies melk
- 2 eetlepels Maizena, aangemaak met bietjie water
- Aromat, na smaak
- gemende kruie, na smaak
Soteer die ui en knoffel in botter.
Voeg sampioene by en braai.
Wanner die sampioene sag is, voeg die melk by en laat dit warm word. Draai die hitte bietjie laer.
Voeg Maizena by. Laat prut tot dik.
Voeg aromat, gemengde kruie, sout en peper na smaak by.
Bedien saam met ‘n lekker steak of soos verkies.
Foto en resep: Allison Blom