2 BESTANDDELE VARKTJOPS
Ek het noudie dag vertel van my eenvoudig maar heerlike varktjops, hier is die resep met ‘n foto.
Jy benodig slegs dié 2 bestanddele.
- varktjops (hoeveelheid, eie keuse)
- pakkie bruin uiesoppoeier
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Plaas die tjops langs mekaar in ‘n oondpan.
Strooi die droë soppoeier mildelik oor die tjops.
Bedek die oondpan met die tjops met foelie en bak ongeveer 1 uur.
Bedien saam met bykos(se) van jou keuse en geniet.
Nota:
Let asb daarop dat geen olie, water, ens gebruik word nie.
Resep en foto: Sonja Young