2 BESTANDDELE NAAN
- 2 koppies bruismeel, gesif
- 1½ koppie gewone of Griekse joghurt
Meng saam tot bal vorm wat nie kleef nie (ek het nog meel bygesit).
Sny bal in vier en rol elke deel ovaal en dun uit.
Braai in warm droë (sonder olie) pan.
Sodra die naan uit die pan kom, smeer met gesmelte knoffelbotter.
Nota:
Heerlike saam met kerries in enige vorm, groentes, lensies, vleis ensovoorts.
Myne was te dik, al het ek hoe dun uitgerol, maar steeds heerlik en sag.
Resep en foto: Carmari Fourie Strobos