Your Recipe Blog

1-2-3 SKOTSE BROSBROOD

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 64 blokkies van 2cm x 2cm

1-2-3 SKOTSE BROSBROOD

Ek kan soms nogals obsessief raak oor ‘n spesifieke resep. Hierdie was een van hulle. Die meeste brosbrood resepte is maar net ‘n botterkoekie – ek het Skotse brosbrood gesoek!
Na vele ure op youtube en die deurlees van vele resepte was hierdie uiteindelik DIE EEN!

  • 1 deel strooisuiker (125 g)
  • 2 dele sagte botter (250 g)
  • 3 dele koekmeel (waarvan ‘n derde Maizena is) (125 g Maizena en 250 g koekmeel)
  • ruim knippie sout

Meng die botter, strooisuiker en sout tot goed verroom in ‘n mengbak met ‘n houtlepel.
Sif die maizena by en meng goed.
Sif helfte van die meel by en meng goed. Sif die res van die meel by en meng goed.
Druk plat in ‘n bakplaat wat bakpapier uitgevoer is (myne was so 1 cm dik uitgedruk).
Gebruik ‘n vurk en steek die deeg vol gaatjies.
Bak vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond van 200°C.
Stel die temperatuur af na 180°C en bak nog 20 minute tot mooi bruin.
Haal uit die oond uit en sny in blokkies.
Sif strooisuiker bo-oor.
Laat staan in die pan tot afgekoel.
Ek het 64 blokkies van 2 cm by 2 cm uitgekry.

Resep geplaas deur Wayne Dugmore
Foto en nota: Elsabie Templeton
Use this fantastic recipe but replaced the castor sugar with icing sugar and got a much finer texture.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page