KLAPPER EN VLAKOEK
Resep en foto: Frikkie Jones
- Koek:
- 4 ekstra groot eiers, geskei
- 1 koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 80 ml sonneblomolie
- 60 ml vlapoeier, opgemaak tot 200 ml met koue water en bietjie suiker
- knippie sout
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 hoogvol koppie koekmeel
- 1 koppie fyn klapper
- Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
- Klits suiker en eiergele tot dik en lig en baie bleek.
- Giet die vlamengsel en olie oor die eiermengsel en sif die meel oor.
- Meng tot net gemeng by lae spoed.
- Roer die klapper in.
- Sprinkel die bakpoeier oor en vou die eierwitte in 2 sarsies in.
- Bak in voorbereide 23 cm pan by 180 ºC vir 60 min tot toetspen skoon uitkom.
- Keer uit op draadrak en bedek met ‘n nat vadoek en laat afkoel tot koud.
- Sny in 3 lae.
- Vul met vulsel en sit meringue bo oor en brand met blaasvlam.
- Versier met geroosterde klapperblare.
- Vulsel:
- Klits saam:
- 125 g roomkaas
- 60 g sagte botter
- 1 teelepel vanilla
- knippie sout
- 1 teelepel suurlemoensap
- Sif by:
- 500 g versiersuiker
- Klits tot lig en wolkerig. Gebruik tussen koeklae.
- Meringue:
- 4 eierwitte
- knippie sout
- 1 koppie suiker
- Klits die eierwitte styf met ‘n knippie sout.
- Voeg die suiker bietjies bietjies by en klits tot styf en glad.
- Smeer oor koek en brand met blaasvlam of roosterelement.
Category:

