Your Recipe Blog

KARRINGMELK WEETBIX BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
55 minute
| Servings: 70 bolletjies

KARRINGMELK WEETBIX BESKUIT

Foto en resep:  Rita Killian
Hierdie beskuit is eie in sy soort, regtig baie baie lekker.

  • Meng die volgende saam in een bak:
  • Droë bestanddele:
  • 1.5 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 10 Weetbix blokkies, fyngerol
  • 1 koppie semels
  • Nat bestanddele:
  • 400 ml margarien
  • 500 ml karringmelk
  • 300 ml kookolie
  • 500 ml suiker
  • 2 geklitste eiers
  • Stel oond op 180°C om te voorverhit.|
  • Smelt margarine laat afkoel en klits saam met ander nat bestanddele.
  • Voeg bietjie van meelmengsel by die bottermengsel en klits saam.
  • Sit nou ander droë bestanddele by en knie goed saam.
  • Maak balletjies en plaas in gespuite oondpan soos op die foto.
  • Daar is 70 balletjies, ek bak 10 apart in gespuite broodpan.
  • Bak vir ongeveer 55 minute tot gaar.
  • Breek of sny soos verkies en pak op oondrak.
  • Droog uit met houtlepel in oonddeur op 100°C tot die beskuit droog is, ongeveer 4 – 5 ure of langer hang af van die dikte van die beskuit.

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page