Your Recipe Blog

CARIEMA SE ROTI’S

CARIEMA SE ROTI’S

Resep en foto: Pieter Opperman

  • Vir die ghee:
  • 150 g botter
  • ¾ koppie kookolie
  • Vir die deeg:
  • 3 koppie koekmeel
  • ½ koppie bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels botter, kamertemperatuur
  • 1 koppie kookwater
  • Berei ghee voor:  Smelt botter in mikrogolfoond en roer olie by. Hou eenkant.
  • Berei deeg voor: Plaas koek- en bruismeel, sout, botter en kookwater in ‘n mengbak en roer deur met handvatsel van ‘n houtlepel.
  • Gebruik nou jou hande en meng en knie tot deeg vorm. Dit sal redelik klewerig wees. Jy kan altyd meer meel byvoeg.
  • Knie deeg tot glad en elasties.
  • Smeer ‘n bak met olie en plaas deegbal daarin. Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 30 minute.
  • Plaas deegbal op ‘n met meel bestrooide werksoppervlak en rol in ‘n dik wors. Verdeel in 8 ewe groot stukke.
  • Smeer olie aan jou hande en vorm elke stuk sodat dit in ‘n balletjie vorm. Smeer liggies ghee oor om te verhoed dat dit uitdroog.
  • Rol elke balletjie met ‘n rolstok in ‘n sirkel so dun moontlik uit. Smeer rojaal met ghee sodat die hele sirkel bedek is.
  • Rol deegsirkel op in ‘n lang tou. Rek die tou uit terwyk dit op die werksoppervlak geslaan word sodat dit lank en rekbaar word.
  • Rol nou die twee punte na mekaar toe, een punt kloksgewys en die ander punt antikloksgewys om ‘n “S” te vorm. Plaas die een helfte bo-op die ander helfte. Dit lyk nou soos ‘n spiraalvormige roti-bal. Herhaal met die res. Plaas roti-balle vir 1 uur in die yskas.
  • Verhit groot swaarboompan op medium hitte.
  • Rol roti-bal uit tot die grootte van ‘n eetbord. Smeer met ghee en plaas in warm pan ghee kant na onder. Smeer ghee aan bokant en draai roti na 2 – 3 minute om.
  • Herhaal sonder om weer ghee te smeer tot roti goudbruin bak met donker kolle op.
  • Plaas gaar roti op ‘n bord en frommel effens op. Dit maak dit “flakey”.
  • Herhaal tot al die roti-balle gebak is.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page