Your Recipe Blog

MARIAN SE HEERLIKE SKAAPSKENKELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2 ure plus

MARIAN SE HEERLIKE SKAAPSKENKELS

Resep en foto: Marian van Deventer
Het vanaand my mense met Lamb Shank en mash bederf.

  • 6 heel skaapskenkels (Lamb Shanks)
  • 1 koppie rooiwyn
  • 1 bottel bbq marineersous
  • 1 ui
  • 1 eetlepel fyn knoffel
  • 1 pakkie sampioene
  • 2 wortels
  • vleis versagter (Meat tenderiser)
  • BBQ spice
  • Roosmaryn – Ina Paarmen
  • Sout
  • olie vir braai
  • Sprinkel die vleis versagter( Meat tenderiser) oor en marineer vleis in marineersous vir ongeveer 1 uur.
  • Vee sous met jou hande van die vleis af en braai die vleis in ‘n pan met bietjie olie net tot ‘n mooi kleur regom. Hou eenkant.
  • Sny die ui, wortels en sampioene op en sit onder in ‘n pan. Meng ‘n eetlepel fyn knoffel deur die groente.
  • Sprinkel die speserye en sout oor die vleis.
  • Meng die marineersous en wyn met mekaar en giet oor die vleis. Bedek met foelie.
  • Bak in 180°C oond vir 2 ure of tot heerlik sag.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page