Your Recipe Blog

MARINADE VIR VARKRIB OF HOENDER

MARINADE VIR VARKRIB OF HOENDER

Resep: Elbie Gouws

  • ¼ koppie kookolie
  • 1 bottel tamatiesous (750g)
  • ½ bottel perske blatjang
  • ¼ koppie gewone wit asyn
  • 1 groot bottel mayonnaise (750 g)
  • 1 bottel “mild” mosterdsous
  • 3 uie, fyn gekerf of grof gerasper
  • 4 eetlepels wit- of bruinsuiker opgelos in bietjie water.
  • Voeg al die bestanddele bymekaar in ‘n kastol en verhit stadig op die stoof tot die suiker opgelos het.
  • Verhoog die hitte tot die sous begin borrel en verwyder die kastrol van die hitte.
  • Sny intussen die rib se velkant in blokkies.
  • Plaas die rib met die beenkant na onder in ‘n glasbak.
  • Giet die warm sous bo-oor die rib en plaas dit eenkant tot afgekoel.
  • Plaas die bak met die rib en marinade in die yskas vir 6 – 12 ure.
  • Braai die gemarineerde rib op die kole en bedruip gereeld met sous.
  • Nota:
  • Ek laat die rib gewoonlik marineer vir 12 ure.
  • Jy kan die marinade resep halveer volgens behoefte.
  • Hoenderstukke werk ook heerlik met die sous.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page