SHEILA SE WENNER TUNATERT
Resep: Sheila Marsburg Troskie
Foto: Amanda Vallero
Hier is my heerlike Tunatert Wenresep.
- Kors:
- Meng die volgende saam en druk vas in gesmeerde tert bak.
- 1 pak salticrax baie fyn gemaak
- 80 ml gesmelte botter.
- Vulsel:
- Braai die volgende saam:
- 2 fyn gesnyde uie
- 1 fyn gesnyde groen soetrissie
- 1 pak gesnyde sampioene
- knoffel na smaak
- Meng die volgende by die uiemengsel:
- 2 blikkies tuna in water gedreineer
- 250 ml room geklits, maar nie styf nie
- 1 koppie gerasperde kaas
- 2 geklitste eiers
- sout en peper
- knippie peri peri
- paprika na smaak
- Skep die mengsel in die voorbereide tertkors.
- Strooi bietjie paprika oor.
- Bak teen 180° C vir ongeveer 30 tot 40 min tot gestol en bruin.
Category:

