Your Recipe Blog

LEKKER KERRIEHOENDER VIR DIE WINTER

Recipe by
Cook: +- 15 minute | Servings: 4 mense

LEKKER KERRIEHOENDER VIR DIE WINTER

Resep getoets en foto: Hannie Steyn
Ek het vanaand hierdie resep probeer en dit is heerlik.

  • 1 ui gekap
  • olie
  • 10 ml kerriepoeier
  • ½ klein groen soetrissie in blokkies gesny
  • ½ koppie gemengde groente vir kleur
  • 2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
  • 250 ml rooiwyn, opsioneel, kan vervang met 1 blokkie hoenderekstrak opgelos in kookwater
  • 80 ml blatjang
  • 25 ml appelkooskonfyt
  • 1 kg gaar hoender, gevlok of in blokkies gesny
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 250 ml mayonnaise
  • 50 ml room
  • 1 sakkie tamatiepasta
  • sout en peper na smaak
  • Soteer die ui, groen soetrissie en groente in ‘n klein bietjie olie in ‘n matige warm pan op die stoof tot sag.
  • Voeg die kerriepoeier by en roerbraai sowat 1 minuut.
  • Voeg die tamatie, rooiwyn of hoenderekstrak, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut.
  • Meng die meel en hoender en voeg dit saam met die mayonnaise, room en tamatiepasta by die mengsel in die pan en verhit tot lekker deurwarm.
  • Proe of die smaak reg is en voeg sout en peper na smaak by indien verkies.
  • Bedien saam met rys.
  • Notas:
  • Ek het die rooiwyn uitgelos en die ekstrak gebruik.
  • Die tamatiepasta dra by tot ‘n dieper kleur van die gereg.
  • Indien verkies, kan jy 2 groot geskilde wortels inrasper by die resep, asook blokkies gaar aartappels.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page