PEPPERMINT CRISP TERT MET LEMOENSAP
Resep: Erna Van der Merwe se Ma
Foto: Erna Van der Merwe
- 2 pakkies tennisbeskuitjies
- 1 blik karamel kondensmelk
- 1½ houers Orley Whip styf geklits
- 2 peppermint crisps
- lemoensap
- Smeer koekies dik met kondensmelk.
- Doop dan een vir een in die lemoensap soos jy dit in die bak pak.
- As een laag gesmeerde koekies klaar gepak is, smeer die helfte van die orley whip oor. (Indien jy meer lae gaan pak, deel die orley whip tussen die lae)
- Kap Peppermint crisps fyn en strooi ‘n lagie oor.
- Herhaal nog ‘n laag (of twee) en eindig met Orley Whip, sprinkel weer bietjie gekapte sjokolade oor.
- Plaas in die yskas om te stol.
- Nota:
- Ek sit die peppermint crisp in die vrieskas. Dan kap dit makliker fyn. Soms vervang ek die lemoensap met sterk koffie, maar die lemoensap gee ‘n heerlike vars smaak.
Category:

