Your Recipe Blog

DIM SIMS A LA BENHET

DIM SIMS A LA BENHET

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis

Berei eers die vulsel voor en plaas in die yskas voordat jy met die deeg begin.

  • Deeg:
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 ¼ koppies water
  • knippie sout
  • 1 ml vis speserye (want ek het mossels as vulsel)
  • 1 teelepel pietersielie
  • Plaas alles buiten water in ‘n skottel. Voeg water bietjies gewys by tot ‘n deeg vorm.
  • Knie vir 5 min. Laat deeg rus vir 10 min.
  • Knie vir 3 min. Laat deeg rus vir 8 min.
  • Deel deeg in 4 en knie elke stukkie op sy eie 1 min lank.
  • Rol uit in plus min 11 cm sirkels in deursnee.
  • Smeer bietjie water om die kante.
  • Sit 1 teelepel vulsels van jou keuse in.
  • Vou toe en stoom in bamboes stoommandjie vir 8 min.
  • Notas:
  • Ek het was papier onder ingesit met gaatjies.
  • Ek het al die knie werk gedoen met die masjien en die uitrol met die pasta masjien tot by nr 5.
  • Vulsel:
  • Braai die volgende saam:
  • 30 mossels klaar skoon en oopgestoom – bietjie pietersielie en rooi peper bo oor gesprinkel.
  • ½ ui
  • 1 teelepel knoffel en gemmer
  • Laat effens afkoel en meng die volgende by:
  • 80 ml Thai “sweet chillie” roomkaas
  • 1 teelepel “vegetarian stir fry”sous
  • Plaas in yskas terwyl jy die deeg voorberei.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page