ROOIBOK NEK- EN SKENKELSPOT
Resep en foto: Gideon Louw
Ek het gistraant hierdie wildsvleis ( rooibok ) skenkel en nek poitjie gemaak en dit was vrek lekker
- 4 kg skenkel- en nekstukke. Vooraf laat lê in asyn water vir 4 ure
- 3 wortels geskil en in repe gesny
- 2 groot aartappels geskil en in stukkies gesny
- 1 eetlepel rissieflokkies
- 1 eetlepel witpeper
- 1 eetlepel sout
- 2 eetlepel knoffelflokkies
- 1 pakkie bees- en uiesoppoeier opgelos in ‘n ½ koppie water
- 1 liter water
- Verbruin die vleis vooraf in ‘n warm pot.
- Voeg die uie by en verbruin saam met die vleis.
- Voeg die water by en bring tot kookpunt.
- Laat prut die pot vir 2 ure.
- Voeg die wortels en aartappels by asook alle ander bestanddele behalwe die soppoeier en prut vir nog twee ure.
- Voeg die soppoeier by 45 minute voor pot reg is.
- Laat rus die potjie vir ‘n half uur, terwyl jy nog ‘n fynetjie vat.
- Bedien vleis op ‘n bed kapokaartappels of soos verkies.
- Dit was baaaaaaaie lekker….
Category:


