Your Recipe Blog

HEERLIKE BEESVLEISBREDIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 2 ure

HEERLIKE BEESVLEISBREDIE

Resep en Foto: Amanda Austen

  • 1 kg beesstowevleis
  • 15 ml olyfolie
  • 1 groot ui gekap
  • 3 knoffelhuisies gekap
  • 80 ml koekmeel
  • 600 ml beesvleisaftreksel
  • 250 ml BBQ Sous (enige goeie braaisous)
  • 60 ml worcestersous
  • 2 lourierblare
  • 5 ml gedroogde tiemie
  • sout en peper na smaak
  • Opsioneel:  aartappels en wortels opgesny
  • Verhit die olie in ‘n pot en braai die vleis bietjie vir biejie tot goudbruin in die olyfolie.
  • Skep uit en hou eenkant.
  • Sorteer die uie in dieselfde olie tot sag.
  • Voeg die knoffel by en braai tot liggies en goudbruin. Sprinkel die koekmeel oor die uie en roer vir ongeveer 1minute.
  • Voeg die beesaftreksel stadig by terwyl jy roer om klonte te voorkom.
  • Voeg nou die BBQ sous, Worcestersous, lourierblare, tiemie en sout en peper by. Bring tot kookpunt.
  • Skep die beesvleis terug in die pot en laat stadig prut tot die vleis sag is. Ongeveer 2 ure. (Opsioneel sit wortels en aartappels by ongeveer 30 min voor die einde van die kook proses) en laat kook tot sag
  • Bedien met rys

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page