MAALVLEIS GEVULDE UIE SAKKIES
Resep en foto: Marian van Deventer
- 4 groot uie geskil maar hou heel (pas aan na gelang van porsies)
- maalvleis
- kaas
- tamatiesous basis (gekoop of self gemaak)
- Berei maalvleis volgens smaak voor en laat afkoel.
- Sny heel uie net half pad deur en kook in ‘n pot sout water tot sag maar ferm. Uie moet nog heel wees.
- Laat afkoel.
- Giet die tamatiesous in ‘n diep oondbak.
- Maak die uie los dat dit soos “sleeves” lyk, maar nog bymekaar aan die onderkant. “maw soos ‘n roos”
- Vul die uie met die afgekoelde maalvleis en pak in die oondbak.
- Skep nog tamatiesous bo oor.
- Bak in die oond teen 180°C vir 45 min.
- Strooi kaas oor en laat net smelt in die oond.
- Bedien saam met pasta.
- Nota:
- Jy kan enige vulsel insit waarvan jy hou, en dink met feta en spinasie as bykos kan dit net so lekker wees.












