HOENDERKROKETTE
Resep en foto: Susanna Kruger
- 2 hoenderfilette
- 3 aartappels
- 1 medium ui
- 3 eier
- 1 teelepel bakpoeier
- knippie sout en peper
- 1 teelepel origanum en kruie na smaak
- gerasperde gouda, mozzarella of cheddar na smaak
- broodkrummels
- suurlemoensap na smaak
- olie vir vlak braai
- Sny die hoender in stukkies, plaas in ‘n voedselverwerker en maak fyn.
- Kook ongeveer 3 aartappels tot sag en druk fyn.
- Voeg die hoender by die kapokaartappels en voeg 1 eier, bakpoeier, sout, peper kruie en origanum by en meng goed. Voeg kaas by en meng alles goed saam.
- Klits 2 eiers met bietjie suurlemoensap voeg sout, peper en weer bietjie origanum meng goed en plaas in ‘n bakkie.
Plaas die broodkrummels in ‘n aparte bakkie. - Vorm die hoendermengsel in jou hand langwerpig rond of plat.
- Maak die olie solank warm in ‘n kastrol.
- Doop die gevormpde hoenderkrokette in die eiermengsel en rol dan in die broodkrummels tot goed bedek.
- Bak in die warm olie tot goudbruin. Pasop vir nie te warm olie nie dan gaan hulle baie donker braai.
- Haal uit en plaas op handdoek papier.
Nota:
Bedien met slaai of enige iets wat jy by wil maak ek het soet pampoen en spinasie by gemaak. Ek hoop julle hou daarvan.
Category:












