Your Recipe Blog

DONUTS MET VLAVULSEL

DONUTS MET VLAVULSEL

Resep en foto:  Elaine Steyn

  • Donuts:
  • 180 ml kookmelk
  • 70 g suiker
  • knippie sout
  • 1 pakkie kitsgis
  • ¼ koppie warm water
  • 4 koppies gesifte koekmeel
  • 80 ml botter of margarien
  • 2 ekstra groot geklitste eiers
  • olie vir diepbraai
  • Voeg water en botter by melk en roer tot suiker opgelos en botter gesmelt is.
  • Laat afkoel tot sterk louwarm.
  • Meng koekmeel, sout en gis.
  • Maak holte in die middel en voeg louwarm melkmengsel en geklitste eiers daarby.
  • Meng goed en knie sowat 4 minute tot deeg nie meer vassit aan skottel nie. (Dit deeg sal stywerig wees).
  • Bedek en laat rys op warm plek tot dubbel in volume – sowat 30 – 45 minute.
  • Rol 1.25 cm (12.5 mm) dik uit en sny in lang werpige stroke.
  • Vorm donuts se punte.
  • Plaas in ge-oliede bord of bak.
  • Bedek met skoon vadoek en laat rys weer sowat 30 – 40 minute tot lig.
  • Laat olie warm word (toets met klein stukkie deeg en sodra dit bak, sit eerste donut in en stel plaat sodat dit nie te vinnig bak nie – anders is dit buite bruin en binne nog nie gaar nie.
  • Haal uit sodra mooi bruin aan beide kante en sit op handdoek papier.
  • Laat koud word op rooster.
  • Sny oop en vul sodra afgekoel het.
  • Jy kan dit vul met styfgeklopte room, of met ‘n vla vulsel.
  • Vlavulsel:
  • 2 eiergele
  • 1 eier (geel en wit)
  • 3 koppies melk
  • ½ koppie suiker
  • 80 ml Maizena
  • knippie sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels botter
  • Maak Maizena aan met ½ koppie van die melk.
  • Klits eiergele en eier en meng saam met suiker by maizenamengsel tot suiker opgelos is.
  • Bring intussen res van die melk tot kookpunt.
  • Sodra die melk kook roer die maizenamengsel alles op een slag by die kokende melk.
  • Hou aan roer (ek gebruik sommer my een klitser spaan in plaas van ‘n hand klitser) totdat die mengsel kook en verdik.
  • Verwyder van hitte en voeg botter by.
  • Roer tot botter heeltemal gesmelt en ingemeng is.
  • Roer geursel by.
  • Giet mengsel in hitte bestaande bak en bedek dadelik met kleefplastiek, laast die kleefplastiek op bo-op die vla lê, dit keer dat daar ‘n vel vorm.
  • Verkoel tot behoorlik koud, sowat 1 tot 2 ure. Mengsel sal styf wees. Haal uit yskas en meng met ‘n lepel.
  • Skep in versierbuis.
  • Spuit binne in donuts.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page