KLASSIEKE PIZZADEEG
Foto’s: Juanri Van Der Walt
- 3 ¼ koppies koekmeel
- 1 ¼ koppies warmwater
- 2 eetlepels kookolie
- 1 eetlepel suiker
- 1 teelepel sout
- 1 pakkie (7g-10 g) gis
- Aktiveer die gis:
Meng die warm water en suiker in ‘n klein bakkie. Strooi die droë gis bo-oor en laat dit vir ongeveer 5 – 10 minute staan totdat dit begin skuim. - Meng die meel en sout saam in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die middel van die meel.
- Giet die gismengsel en die olie by in die holte. Meng alles saam totdat ‘n deeg vorm
- Keer die deeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie die deeg vir ongeveer 8–10 minute totdat dit glad en elasties is.
- Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak, bedek dit met ‘n klam vadoek of deursigtige plastiek (cling wrap), en laat dit op ‘n warm plek rys vir ongeveer 1 uur, of totdat dit in grootte verdubbel het.
- Knie die deeg liggies af (punch down) en verdeel dit volgens die grootte pizzas wat jy wil maak. Rol dit uit, plaas jou gunsteling vulsels bo-op en bak in ‘n warm oond (teen sowat 230°C) totdat die kors goudbruin is.
NOTAS:
Ek het my pizza deeg dubbel aangemaak in een groot bak, die dat dit so groot is.
Ek het ‘n ronde koekpan se bodem gebruik om kleiner pizza’s te maak, spuit net die koekpan met “Spray and Cook” elke keer as jy ‘n nuwe pizza maak.
Category:













