TANNIE BOTTIE SE HEERLIKE BEESLVEISBREDIE IN DIE PRUTPOT
Resep en foto: Elna Erasmus
Hierdie lekker, geurige beesvleisbredie word stadig in ’n elektriese prutpot gaargemaak. Die vleis word sag en die geure trek heerlik saam – perfekte trooskos vir ’n koue dag.
-
1 kg beesvleis vir bredie, in blokkies gesny
-
2 uie, gekap
-
2 knoffelhuisies, fyngekap
-
1 teelepel komynsaad
-
2 kardemompeule, liggies gekneus
-
1 teelepel paprika
-
2 wortels, in skywe gesny
-
3 – 4 aartappels, in blokkies gesny
-
12 stukkies mielies
-
1 blik gekapte tamaties of 2 vars tamaties
-
2 koppies beesvleisaftreksel
-
1 lourierblaar
-
sout en swartpeper na smaak
-
1 – 2 eetlepels olie
-
vars pietersielie, opsioneel
-
Verhit die olie in ’n groot pan.
-
Voeg die komynsaad by en braai vir ’n paar sekondes totdat dit aromaties ruik.
-
Braai die uie tot sag en goudbruin.
-
Voeg die knoffel en paprika by en roer vir ongeveer ’n minuut.
-
Voeg die beesvleis by en braai totdat dit liggies bruin is.
-
Plaas die vleismengsel in ’n elektriese prutpot.
-
Voeg die tamaties, beesvleisaftreksel, kardemom en lourierblaar by.
-
Voeg die wortels, mielies en aartappels by.
-
Geur met sout en swartpeper.
-
Laat dit vir 6 – 8 uur stadig prut totdat die vleis sag en die sous ryk en geurig is.
-
Sprinkel vars pietersielie oor net voor opdiening (opsioneel).
-
Wenk vir ekstra smaak:
-
Voeg ’n klein skeut Worcestershire sauce of ’n teelepel bruinsuiker by – dit gee die sous ’n voller, ryker smaak.
-
Bedien met vars brood, rys of mieliepap.
Category:












