KARAMEL MARIE BESKUITJIE FUDGE
Vir die mense wat lief is vir die Marie beskuitjie-Fudge, hier het ek vir julle ‘n karamel weergawe. Ek is nie mal oor die sjokolade-geur nie, en toe besluit ek om ‘n karamel-geur uit te toets.
- 1 blik caramel treat
- 200 g bakmargarien of botter
- 500 g versiersuiker
- 2 x 200 g pakke Marie beskuitjies, fyngekap of gerol
- 2 koppies klapper
Smelt botter en karamel oor lae hitte tot glad en mooi gesmelt.
Voeg die mariebeskuitjies by en roer deur.
Roer die klapper by.
Druk vas in ‘n reghoekige of vierkantige gesmeerde bakplaat/bak van 35 cm x 30 cm en laat afkoel.
Sny in blokkies voor dit koud is en laat afkoel tot heeltemal gestol.
Bêre in lugdigte houer op ‘n koel plek.
Nota: As jy nie van klapper hou kan jy nog 100-150 g fyngerolde Marie beskuitjies byvoeg en die klapper weglaat.
Resep en foto: Gillian Vermeulen
Category:












