KARAMEL MARIE BESKUITJIE FUDGE
Resep en foto: Gillian Vermeulen
Vir die mense wat lief is vir die Marie beskuitjie-Fudge, hier het ek vir julle ‘n karamel weergawe. Ek is nie mal oor die sjokolade-geur nie, en toe besluit ek om ‘n karamel-geur uit te toets.
- 1 blik “caramel treat”
- 200 g bakmargarien of botter
- 500 g versiersuiker
- 2 x 200 g pakke Marie beskuitjies, fyngekap of gerol
- 2 koppies klapper
- Smelt botter en karamel oor lae hitte tot glad en mooi gesmelt.
- Voeg die Bariebeskuitjies by en roer deur. Roer die klapper by.
- Druk vas in ‘n reghoekige of vierkantige gesmeerde bakplaat/bak van 35 x 30 cm en laat afkoel.
- Sny in blokkies voor dit koud is en laat afkoel tot heeltemal gestol.
- Bêre in lugdigte houer op ‘n koel plek.
Nota:
As jy nie van klapper hou kan jy nog 100 – 150 g fyngerolde Marie beskuitjies byvoeg en die klapper weglaat.

