FERRERO ROCHER KOEKSTRUIF
Resep en foto: Ilze Jacobs
Ek deel die resep vir ‘n hazelnut en Nutella Ferrero Rocher trifle wat ek op Instagram gesien het.
- 1 groot of 2 klein sjokolade rolkoeke sonder versiersel, of ‘n groot eenlaag plein sjokolade sponskoek
- 500 ml room
- 2 eetlepels versiersuiker
- 10 ml vanilla geursel
- 400 g Nutella
- 100 g haselneute, gerooster en fyn gemaak
- 5 Ferrero Rocher sjokolades
- Verdeel die koek in twee.
- Verkrummel die een helfte grof in ‘n 25 cm deursnee koekstruif bak.
- Klits die room, versiersuiker, vanilla en 4 eetlepels Nutella saam totdat die room dik is.
- Verhit die res van die Nutella in die mikrogolf vir 30 sekondes en drizzle 3 eetlepels bo-oor die koek.
- Sprinkel ⅓ van die neute bo-oor, en dan helfte van die roommengsel.
- Herhaal die lae, maar moenie die neute oor die boonste lag strooi nie.
- Meng die res van die neute met die oorblywende Nutella (verhit weer vir ‘n paar sekondes as die Nutella te dik is).
- Skep versigtig bo-op die room.
- Sny die sjokolades in die helfte en rangskik bo-op.
- Sprinkel ‘n bietjie kakao in ‘n sif bo-oor, en verkoel ‘n paar uur in die yskas.
- Opsioneel: Giet bietjie Amarula bo-oor die koek lae indien verkies.
Category:












