KERRIEBLOKKIESVLEIS MET GROENTE
Resep en foto: Riette Perold
- 800 g – 1 kg bees blokkiesvleis
- 2 gekapte uie
- 1 gekapte soetrissies van jou keuse
- 1 gekapte groen- of geel appel
- 1 piesang
- 2 eetlepels blatjang
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 eetlepel Worcestersous
- 2 eetlepels asyn
- 2 teelepels borrie
- 1 teelepel masala
- 2 opgehoopte teelepels rajah medium kerriepoeier
- ½ teelepel gemmer
- 1 teelepel sout
- swart peper na smaak
- ½ pak gemengde groente, (dis mos nou net 700 g)
- 4 aartappels, fyngesny
- Braai die uie, soetrissies, piesang, appels en vleis in ‘n bietjie botter of klapper olie. Voeg die kerrie, borrie, masala en gemmer by en braai saam.
- Voeg kookwater by om te bedek nadat groente en aartappelblokkies bygevoeg is.
- Voeg laaste die blatjang, worcestersous, konfyt, sout en peper by, asook die asyn.
- Prut in ‘n swaarboompot.
- Die hoeveelheid kerrie kan na ‘n halfuur aangepas word indien jy dit sterker verkies, voeg nog ‘n teelepel masala en bietjie gemmer by.
- Prut vir ¾ uur op lae hitte tot alles sag en gaar is.
Bedien saam met rys.
Maak ‘n ekstra bakkie tamatie en uie by en klapper indien verkies
Category:












