SPEK- EN UIE MUFFINS
Resep en foto: Adri Liebenberg
Net reg vir ‘n lekker midnight snack.
- 3 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- “garlic and herb spice”
- knoffel swartpeper
- ½ teelepel sout
- 200 g botter
- 3 eiers
- 1 pakkie spek, fyn gesny
- 1 ui, fyngekap
- 1 koppie wortels, fyn gerasper
- Braai uie en spek saam en hou eenkant.
- Sif droë bestanddele saam. Rasper botter in die meelmengsel in en meng goed.
- Voeg die spek en uie by en meng deur.
- Klits eiers goed en voeg by en meng tot ‘n deeg.
- Maak bolletjies en pak op ‘n gespuite bakplaat of skep in muffin panne.
- Bak vir 20 – 25 min op 180°C.
Category:












