Your Recipe Blog

CREMORA VERSIERSEL

CREMORA VERSIERSEL

Resep geplaas deur Venetia Fourie
Foto: Anel Mienie

  • 1 sakkie Cremora poeier (400 g)
  • 1 koppie kookwater
  • 2 pakkies kitspoedings van jou keuse
  • Meng die Cremora en kookwater goed en verkoel in vrieskas vir 1 uur.
  • Klits die Cremoramengsel op hoë spoed vir 8 minute.
  • Voeg by:
  • 2 pakkies kitspoedings van jou keuse, net so droog
  • Klits goed deur en spuit of smeer op koek of kolwyntjies.
  • Hou sy vorm baie goed!

Anel Mienie se kommentaar:
Dit hou ‘n paar dae en trek nie water nie, pipe ook baie maklik en mooi. Die resep was genoeg vir 3 tussen lae en versier, plus nog oor.
Dit proe wel nie naby Cremora tert nie en die kunsmatige smaak van die kitspoeding kom sterk deur – ek sou ook dalk net 1.5 pakkies poeding doen (stol effens jellierig). Behoort ook baie lekker te werk as poffertjie filling.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page