Your Recipe Blog

MAGDA SE KORSLOSE SOUTTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 60 min

MAGDA SE KORLOSE SOUTTERT

Resep en foto: Ilze Jacobs
My ma se korslose souttert… heerlik en goedkoop vir ‘n naweek middagete.

  • 3 eetlepels botter
  • 1 ui, gekap
  • 6 – 8 snye brood (korsies is 100%), in blokkies gesny
  • 2 koppies melk
  • 250 g gerasperde of fyngedrukte viennas
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 3 eetlepels gekapte pietersielie
  • 4 eiers
  • sout en peper na smaak
  • Opsioneel:
  • spek, gekapte aspersies, blikkie sampioene, soutvleis, babaspinasie
  • Braai die uie in die botter tot sag.
  • Voeg die brood en melk by, bring tot kookpunt en prut 5 minute.
  • Laat effens afkoel.
  • In ‘n mengbak, meng die afgekoelde uiemengsel met die res van die bestanddele.
  • Plaas in ‘n gesmeerde oondbak en bak 45 – 60 minute by 180°C tot deurgaar.
  • Koel af vir 10 minute en bedien.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page