TUNATERTJIES
Resep getoets en foto: Petro van Genderen
- 15 ml botter
- 15 ml koekmeel
- 125 ml melk
- sout en peper
- 1 blikkie 200 g tuna, gedreineer en gevlok
- 1 eier, geskei
- 15 ml vars gekapte pietersielie
- 250 ml gerasperde kaas
- knippie rooipeper
- 1 pakkie (200 g) blaardeeg
- Verhit die botter in ‘n pan op die stoof, voeg meel by en braai een minute oor lae hitte.
- Voeg melk geleidelik by en klop oor matige hitte tot verdik.
- Geur met sout en peper.
- Haal van die stoof af.
- Voeg vis by en meng goed.
- Klop eiergeel en meng by, roer pietersiellie en kaas by.
- Geur met rooipeper.
- Klits eierwit styf en vou by mengsel in.
- Rol deeg uit, druk sirkels uit en voer gesmeerde kolwyntjie pannetjies daarmee uit.
- Skep vulsel in, smeer gelyk en bak 8 – 10 minute in voor verhitte oond by 220 C.
Category:

