BLOMKOOL “FLATBREAD”
Resep en foto: Marisza Olivier
- 275 g gevriesde blomkool rys
- 2 eiers
- 100 g mozzarella, gouda of cheddar kaas, gerasper
- pietersielie
- gemengde speserye
- sout en peper na smaak
- Meng al die bestanddele saam.
- Lê ‘n oondpan uit met bakpapier, skep die mengsel op die bakpapier en maak gelyk.
- Bak teen 200°C vir 20 – 25 min.
- Nota:
- Gebruik vir ‘n pizza basis of taco basis of rol op soos rolkoek en sny in skywe. Dis eenvoudig net lekker. Dis hemels!



