LAM-, BOK- OF BEESLEWER IN ROOM EN BRANDEWYNSOUS
Resep en foto: Jan Salti Viljoen
- 500 g – 750 g lewer, in blokkies gesny
- 2 medium uie, grof gekap
- 500 ml room
- 100 ml brandewyn (jy kan meer, maar ek kan dit nie oor my hart kry nie)
- 5 korrels growwe swart peper
- 30 ml Worcestershiresous
- bietjie olie vir braaipan
- handvol vars pietersielie
- 1 knoffelhuisie
- Aromat na smaak
- 4 medium grote aartappels, in kwarte
- Braai die lewerstukkies en uie in ‘n pan met bietjie olie, tot so halfpad gaar.
- Sprinkel met ‘n bietjie Worcestershiresous en brandewyn, Aromat na smaak, tot uie so effe begin verbruin.
- In ‘n swartpot verhit/ kook al die ander bestanddele, room, brandwyn, pietersielie, aartappels, peper, knoffel totdat die room effens begin verdik en die aartappels gaar is.
- Voeg die lewer en uie by en laat kook vir nog so 3 – 4 min.
Bedien op mieliepap.
Category:

