Your Recipe Blog

HOENDER- EN AARTAPPELGEBAK

HOENDER- EN AARTAPPELGEBAK

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

  • 6 tot 8 hoender filette
  • ±3 liter water, wat deel uitmaak van jou stock
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 3 teelepels hoenderspeserye
  • 2 teelepels sout
  • vars gemaalde swart peper
  • 1 gelyk teelepel komyn
  • ½ pakkie spekstukkies
  • 2 preie
  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • 1 pakkie hoender roomsoppoeier
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 1 koppie water ekstra
  • Plaas die ongeveer 3 liter water, suurlemoensap, hoender speserye, sout, peper en komyn in ‘n kastrol, voeg die hoender by en kook tot sag.
  • Verwyder die hoenderuit die vloeistof, maar hou die vloeistof.
  • Maak raffel vleis deur die vleis met twee vurke uit mekaar te trek (soos pulled pork).
  • Plaas die repies hoender terug by die vloeistof in die kastrol.
  • Braai in ‘n aparte pan die spek, preie en sampioene.
  • Voeg dit alles by die hoender in.
  • Meng die soppoeier, koekmeel en 1 koppie water tot ‘n pasta.
  • Voeg die soppasta by die hoendermengsel en kook goed deur.
  • Indien die vulsel te styf is, voeg nog bietjie water by en indien te loperig voeg nog bietjie koekmeel aangemaak met bietjie water by.
  • Jy kan nou ander geurmiddels wat jy verkies byvoeg na smaak.
  • Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
  • AARTAPPELS
  • 6 mooi medium aartappels
  • bietjie olyf olie
  • knoffelhuisie
  • botter
  • Sny die aartappels in skywe (nie te dun) en kook bietjie in die mikrogolf.
  • Aartappels moet nie pap wees nie.
  • Bak dan die aartappels in ‘n pan met olie, knoffel en botter.
  • Wanneer hulle mooi bruin is, verwyder uit die olie en plaas bo-op hoender.
  • Bak verder in die oond totdat die aartappels mooi begin verkleur, maar nie droog en krakerig is nie.

Bedien saam met groente van jou keuse.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page