Your Recipe Blog

MAKLIKE BESKUIT VIR SNYPANNE

Cook: 1 uur | Servings: 3.8 kg beskuit of 93 stukke

MAKLIKE BESKUIT VIR SNYPANNE

Resep en foto: Elandre Renken

  • 1.5 kg bruismeel
  • 1 teelepel sout (ek gebruik 2 teelepels)
  • 2 koppies suiker, wit of bruin
  • 500 g “Nutsy crunch” muesli (pers pak)
  • ½ koppie sonneblomsaad
  • 125 g margarien, gesmelt
  • 2 – 3 eiers, geklits
  • 500 ml karringmelk, ek gebruik 250 ml karringmelk en 250 ml ingedampte melk
  • 300 ml olie
  • Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
  • Voeg die nat bestanddele in ‘n aparte bak en klits goed.
  • Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele in die groot bak, meng met die hande en knie die deeg uit.
  • Deel die mengsel in die helfde en plaas in 2 beskuitpanne van 45 x 45 cm.
  • Druk die deeg gelyk bo-op in die panne en sny in blokkies met die snyers, jy kan die deeg met ‘n mes ook sny in 5 x 5 cm blokkies, dis jou keuse.
  • Bak die beskuit in ‘n voorverhitte oond by 150 – 160ºC vir 1 uur.
  • Keer die beskuit uit, breek dit in stukke en pak die beskuit op ‘n droograk in die oond en droog vir 2 – 3 ure teen 70ºC met ‘n houtlepel in die oonddeur.

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page