Your Recipe Blog

KARRINGMELKBESKUIT MET PEKANNEUTMEEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

KARRINGMELKBESKUIT MET PEKANNEUTMEEL

Resep en foto: Hannie Steyn
Ek deel graag die resep wat ek gebruik het.
Het die resep by ‘n vriendin gekry.

  • Nota: Dit is 46 x 35 x 2 cm pan met snyers wat ek gebruik.
    Ek vind as ek die deeg halfvol in die pan het, dan rys en bak dit mooi gelyk met die rant.
    Ek het 1¾ pan uit die beslag gekry, maar ek gaan my resep volgende keer 1¼ keer aanmaak dan sal dit ‘n volle 2 panne maak.
  • 200 g margarien
  • 3 eiers
  • 2 koppies suiker
  • 500 ml karringmelk
  • 1 kg bruismeel
  • 750 g pekannutmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • Stel oond op 180°C.
  • Spuit beskuitpanne.
  • Klits sagte margarien, eiers en suiker tot donsig.
  • Voeg karringmelk by en meng goed deur tot suiker opgelos is.
  • Voeg by gesifde droë bestanddele.
  • Druk deeg gelyk in panne, rol gelyk met ‘n koekroller, sny en bak vir 1 uur.
  • Laat afkoel en droog uit op 100°C.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page