Your Recipe Blog

BESKUIT MET OLIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 min | Servings: 2 oondpanne

BESKUIT MET OLIE

Eie resep en foto: Louise Groenewald
Ek kan nou my eie vraag beantwoord, ja, jy kan beskuit bak met olie i.p.v margarien (as die nood druk).

  • Beslag vir twee plat oondpanne:
  • 1,8 kg bruismeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 3 plat koppies semels (bran)
  • 2 koppies suiker
  • 1.5 koppie sade van jou keuse (ek het gemengde saad gebruik)
  • 20 ml anyssaad (dit is opsioneel, ons is baie lief vir anys in beskuit)
  • *1 liter karringmelk, plain volroom jogurt of maas
  • *2 koppies olie, bv. sonneblomolie, canola olie, neutolie (enige olie wat nie ‘n sterk smaak het nie, olyfolie is bv. nie geskik nie)
  • *2 eiers
  • sout na smaak
  • Voorverhit die oond op 180°C.
  • Meng die drie *nat bestanddele plus die sout saam.
  • Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
  • Ek meng dit eers met die houtlepel en dan met my hande.
  • Verdeel in twee oondpanne en bak 30 – 35 min.
  • Sny in beskuite en droog uit op 100°C.
  • Plaas houtlepel in oond se deur om vog te laat ontsnap en uitdroog te versnel.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page