WITSOUS MET MAIZENA EN KOEKMEEL
Resep en foto: Dalene Venner
My Ouma het my hierdie metode gewys toe ek nog baie klein was. Dit is vir my net ‘n maklike manier, so probeer dit gerus.
- 1 liter melk
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 eetlepels Maizena
- ½ teelepel sout
- 250 ml kaas, gerasper
- Plaas die melk, meel, Maizena en sout alles saam in ‘n kastrol.
- Verhit oor medium hitte terwyl jy heeltyd roer met ‘n balklitser.
- Die geheim is om net die hele tyd te roer.
- Wanneer dit begin verdik, kan jy besluit of jy dit dikker of dunner wil hê.
- Indien dunner, voeg net melk by.
- Indien dikker, voeg net nog meel en Maizena by.
- Indien jy lekker romerige sous wil hê, vervang jy net die helfte van die melk met room.
- Nou is die tyd om die kaas by te roer. Kaassous… fiola!!
Category:

