Your Recipe Blog

BROSGEBRAAIDE BABA MURGPAMPOENTJIES

BROSGEBRAAIDE BABA MURGPAMPOENTJIES

Resep en foto – Lorraine Weitz Brand
As kind (voor my ma oorlede is – ek praat van 55 jaar terug) het ons baie by my tannie-hulle in Welkom gekuier. Sy is met ‘n Italianer getroud. Sy het altyd dié dis gaargemaak saam met vis. Ek het dit gister vir die eerste keer gemaak. Tannie Joey is al in haar 80’s maar haar geheue is nog vlymskerp. Sy het sommer so oor die telefoon verduidelik.

  • groterige baba murgpampoentjies (baby marrows, zucchinis)
  • eiers, geklits
  • meel
  • sout en peper
  • neutmuskaat, opsioneel
  • olie vir vlak braai
  • Skil die pampoentjies dun af en sny skywe in die lengte.
  • Meng die sout, peper, neutmuskaat en die meel saam.
  • Doop die pampoentjie skywe eers in meel.
  • Dan in geklitse eier en dan weer in die meel.
  • Braai dit in vlak olie aan albei kante.
  • Sit op kombuispapier om te dreineer. Bedien warm.
  • Nota:Dit is baie lekker saam met enige vleis.
    Ek dit saam met Meksikaanse gemarineerde hoender gemaak.
  • Sonica Viljoen: My ma doen dit met eiervrug skywe ook, net so lekker!

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page