LEKKER KLAM KOLWYNTJIES (CUPCAKES)
Foto en resep: Daleen Stephens
Probeer gerus hierdie een. Heerlike, klam cupcakes en flop nooit. Jy gaan baie komplimente vir hulle kry. Die geheim: meet bestanddele noukeurig af, gebruik die korrekte grootte eiers, volg instruksies noukeurig en bak slegs 16 minute.
- 4 GROOT eiers (LARGE)
- 15 ml bakpoeier
- 125 ml kookolie
- 125 ml kookwater
- 5 ml vanilla geursel
- 310 ml koekmeel
- 250 ml suiker
- 2,5 ml sout
- 30 ml kakao (vervang met Maizena vir vanilla cupcakes)
- Voorverhit oond tot 180°C.
- Skei eiers (eierwitte in mengbak waarin jy dit later kan styf klits; eiergele in aparte mengbak).
- Voeg kookolie en dán kookwater en vanilla geursel by eiergele en meng goed.
- Meet koekmeel, suiker kakao (óf Maizena) en sout af in mengbak waarin jy lekker kan klits.
- Klits eierwitte styf saam met 10 ml van die bakpoeier en hou eenkant.
- Voeg vloeistofmengsel (met eiergele in) by meelmengsel en klits vinnig totdat al die suiker opgelos is.
- VOU nou styfgeklitste eierwitte en ander 5 ml bakpoeier by meelmengsel in met ‘n lepel, nét tot goed gemeng.
- Plaas die papier cupcake bakkies in ‘n cupcake pan. Skep die deeg in die cupcake bakkies. (vul bakkies so twee derdes vol).
- Bak vir nét 16 minute by 180 °C.
Category:

