Your Recipe Blog

HEERLIKE BURGERS MET SPEKKONFYT

HEERLIKE BURGERS MET SPEKKONFYT

Resep en foto: Franco Dippenaar
Gisteraand die burgers gemaak.

  • 500 g vark maalvleis
  • 500 g bees maalvleis
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel komyn
  • ½ teelepel paprika
  • Meng al die speserye in die vleis in.
  • Vorm die burgers in ‘n pattie maker.
  • Braai in varkvet tot net gaar. Haal uit en hou eenkant.
  • Spekkonfyt:
  • 1 pakkie spek, gesnipper
  • 2 uie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • ¼ teelepel rooipeper
  • ¼ koppie suiker
  • 2 eetlepels maple stroop
  • Braai stukkies spek in ‘n pan tot krakerig.
  • Haal uit en hou eenkant.
  • Braai die uie in die spek se vet.
  • Voeg daarby die knoffelhuisie en die rooipeper.
  • Braai tot die uie lekker gekaramaliseer het.
  • Sit die spek weer terug by die uiemengsel.
  • Voeg die suiker en stroop by.
  • Laat prut oor lae hitte totdat dit lekker dik en taai is.

Bou die burger op ‘n broodrolletjie met tamatie, blaarslaai, pattie en spekkonfyt… Geniet

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page