WITKOEK MET SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL
Resep geplaas deur Hendrika Barkhuizen Kruger
Foto: Hendrika Barkhuizen Kruger
- 220 g botter
- 110 g margarien
- 3 koppies suiker
- 5 eiers teen kamertemperatuur
- 3 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- ½ koppie melk
- ½ koppie karringmelk
- 2 teelepels vanilla geursel
- Meng botter en margarien tot lig en donsig.
- Voeg eiers een-een by.
- Sif droë bestanddele saam.
- Meng melk, vanilla en karringmelk saam.
- Meng nou al drie mengsels bietjie, bietjie saam, begin met meel en eindig met meel.
- Moet nie oor meng nie.
- Bak in 3 x 23 cm gesmeerde panne vir 25 – 30 min.
- Hierdie koek is versier met Switserse botterroom versiersel.
- SWITSERSE BOTTERROOM VERSIERSEL
- 5 eierwitte
- 300 g suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 500 g botter
- 4 koppie versiersuiker
- Meng eierwit en suiker saam oor warm water tot suiker gesmelt is.
- Klits nou met ballonklitser tot styf.
- Met platklitser aan gooi nou vanielje by en begin om botter stukkie vir stukkie by te meng.
- Die mengsel kyk nou pap en stroperig.
- Voeg nou versiersuiker by en meng.
- Plaas in yskas vir so 1 uur.
- Smeer krummellaag op koek en tussen lae.
- Druk sosatie stokkie in middel en plaas koek in yskas vir rukkie (die versiersel word nou harder maar nog steeds werkbaar).
- Jy kan nou die res kleur of netso hou.
- Versier nou koek soos jy verkies, Ek het net mooi toegesmeer en bietjie versiering bo-op geplaas.
- Hierdie versiermengsel is bietjie stewiger as gewone botter versiersel en kan jy dus mooi patrone uitdruk sonder dat dit sommer smelt soos gewone sagte versiersel.
Category:

