MILO KAASKOEK
Resep en foto: Amanda Austen
- Kors:
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngekap
- 60 ml Milo
- 125 ml gesmelte margarien
- Vulsel:
- 2 x 250 ml geroomde maaskaas
- 1 blik kondensmelk
- 20 ml gelatien
- 30 ml koue water
- 100 ml kook water
- 250 ml room, verkoel
- 200 ml milo
- ekstra Milo, om oor te sif
- Meng die kors bestanddele saam en druk vas om ‘n krummelkors te vorm in ‘n 23 cm tertpan.
- Vulsel:
- Klits die maaskaas en kondensmelk saam.
- Sprinkel die gelatien oor die koue water.
- Laat week tot sponserig en giet dan die kookwater by en roer tot opgelos.
- Voeg by die maaskaasmengsel en meng deur.
- Klits die room en Milo styf en vou by die kaasmengsel in.
- Skep in die tertkors, sif Milo oor en verkoel oornag.
Category:

