KONFYT EN KLAPPERSKYWE
Resep en foto: Marie Grobler
- Klits die volgende saam tot room:
- ½ koppie suiker
- 115 g sagte margarien
- 1 groot eier of 2 medium
- Voeg die volgende by:
- 2 koppies koekmeel
- knippie sout
- 1 teelepel bakpoeier
- Ekstra:
- appelkooskonfyt
- 1 groot eier
- 2 koppies klapper
- ½ koppie suiker
- Meng goed saam en druk vas in ‘n gesmeerde bakplaat. Myne was 310 x 390 cm.
- Smeer appelkooskonfyt bo oor.
- Meng die groot eier, klapper en suiker saam.
- Krummel egalig bo-oor die konfyt.
- Bak teen 180°C vir omtrent 20 minute.
- Sny in blokkies en laat afkoel.
Category:















Heerlik!! raak nog lekkerder as dit so twee dae staan voor eet. definition weer op my lysie vir bak. Baie dankie vir die resep!!!