MAKLIKE EENBAK SJOKOLADEKOEK
Resep geplaas en foto Annette Hattingh Scheepers
- 2 koppies koekmeel
- 2 koppies suiker
- 180 ml kakao
- 2 eiers
- 10 ml vanilla geursel
- 1 koppie melk
- ½ koppie kookolie
- 1 koppie kookwater
- 8 ml bakpoeier
- 8 ml koeksoda
- Plaas al die bestanddele saam in ‘n mengbak.
- Klits met ‘n elektriese menger vir 2 minute tot gladde tekstuur.
- Skep in 2 voorbereide koekpanne ongeveer 20 cm.
- Bak vir 30 tot 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Haal uit, laat ‘n rukkie staan in die panne en keer uit.
- Versier na smaak nadat dit heeltemal afgekoel het.
- Nota: Ek bak dit op 170°C.
Category:

