NICOLENE SE VRUGTEKOEK
Foto en resep: Nicolene Mynhardt Steyn
OK so hier is wat ek gedoen het.
- Vrugtemengsel (Kook die volgende vir 20 minute op matige hitte)
- 1 kg “luxury cake mix” (met kersies en neute)
- 2,5 k suiker
- 4 koppies water
- 1 koppie Stork
- Voeg dan by en laat afkoel:
- 2 teelepels koeksoda
- 250 g dadels, gekerf
- 1 koppie sitrus skil
- Voeg by:
- 4 eiers, geklits
- 2 teelepels vanilla geursel
- Meng eenkant:
- 4 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 gehoopte teelepels kakao
- 2 teelepels kaneel
- Voeg die meelmengsel in 3 dele by die vrugte en meng goed na elke byvoeging.
- Deel mengsel in 2 x 23 cm koekpanne. Die koek rys nogal, so moenie te vlak panne gebruik nie.
- Bak op 150°C vir 1 uur 45 min tot 2 ure. Pasop vir brand.
- Notas:
- My panne het glas bodems, so die koek het effe gebrand onder.
- Ek het lemoen stroop van ‘n vorige resep warm gemaak en oor die 1 koek gegooi toe dit uit die oond kom. Die koek op foto het die stroop oor. Die gesnyde stuk is die koek sonder die stroop.
- Ek dink nie mens kan regtig verkeerd gaan met vrugtekoek nie. Dit bly hemels.
Category:

