Your Recipe Blog

SJOKOLADE GANACHE

SJOKOLADE GANACHE

  • 250 g donker sjokolade
  • 60 ml kookwater
  • 250 g botter, kamertemperatuur
  • 250 g roomkaas, kamertemperatuur
  • knippie sout
  • 7.5 ml vanilla ekstrak
  • 1 kg versiersuiker

Maak ‘n sjokolade ganache van die donker sjokolade en kookwater.
Plaas die sjokolade en kookwater in ‘n glasbak en mikrogolf dit “saggies” in 20 sekonde “bursts” tot jy seker is al die sjokolade is gesmelt.
Klits intussen die botter en roomkaas tot goed gemeng.
Voeg die sout en vanilla ekstrak by die bottermengsel in en meng deur.
Voeg die afgekoelde, lou (baba se badwater-lou) ganache by die bottermengsel en klits goed tot glad.
Sif die versiersuiker bo-oor die ganachemengsel en klits goed tot wolkerig.
Gebruik die flexi-vorm of K-vorm van die elektrise klitser om die mengsel te maak.

Nota:
Te veel lug in die mengsel maak dit dof.

Frikkie Jones: Vir die maak van ganache.
Donker sjokolade is gelyke dele
Melksjokolade is 1½ deel sjokolade op 1 deel room
Wit sjokolade is 2 dele sjokolade op 1 deel room.
Hierdie verhoudings is slegs n riglyn want die weer en die kwaliteit van sjokolade speel n rol. Dis makliker om die warm room oor die gekapte sjokolade te gooi en 4 min te laat staan voor jy saggies uit die middel van die bak uit begin roer met n spatula as om die sjokolade te smelt en met koue room te meng. Dit wil ook nie wild geklits word nie want anders verloor dit sy glans. Belê maar in Belgiese of Switserse sjokolade.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page