Your Recipe Blog

PASTA- EN GROENTEGEBAK

PASTA- EN GROENTEGEBAK

Resep en foto: Amanda Austen

  • 350 – 400 g rou spaghetti
  • 1 pakkie spek (250 g)
  • 1 ui, gekap
  • ½ groen soetrissie, gekap
  • 250 g sampioene, opgesny
  • 1 blik pitmielies, met vloeistof
  • 2 blikkie tamatieroomsop
  • 20 ml suiker
  • sout en peper na smaak
  • 400 ml Cheddar kaas, gerasper
  • Kook die spaghetti tot gaar. Hou eenkant.
  • Braai die ui en soetrissie saam tot glasig.
  • Voeg die spek by asook die sampioene. Braai tot gaar.
  • Voeg die mielies met vloeistof en tamatiesop by, asook die suiker, sout en peper na smaak.
  • Prut vir so 5 minute lank. Skep die sous onder in ‘n oondbak, gevolg met spagetti en kaas.
  • Herhaal die lae. (Maak so 2 of 3 lae).
  • Strooi die res van die kaas oor en bak 20 min op 180 ºC.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page