Your Recipe Blog

KLAM FLOPVRY-SJOKOLADEKOEK

Cook: 35 minute

KLAM FLOPVRY-SJOKOLADEKOEK

Resep en foto: Louisa Hollenbach
Maak die beslag 2 x vir ‘n lekker dubbellaagkoek. Pan grootte is 23 cm.

  • 162 g (325 ml) koekmeel
  • 15 g (45 ml) kakao
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 180 ml (¾ koppie) kookolie
  • 180 ml kookwater
  • 5 ekstra groot eiers, geskei
  • 5 ml vanilla geursel
  • 5 ml bakpoeier
  • Voorverhit die oond by 180ºC en smeer ‘n koekpan.
  • Sif die koekmeel, kakao, strooisuiker en 15 ml bakpoeier saam.
  • Klits die olie en kookwater saam, voeg by die meelmengsel en meng liggies.
  • Klits die eiergeel en voeg die vanilla geursel by en meng.
  • Klits die eierwitte tot sagtepunt stadium en vou die 5 ml bakpoeier in.
  • Meng die eiergele by die beslag en vou die eierwitte in.
  • Skep die beslag in die koekpan en bak vir 35 minute tot gaar.
  • Laat afkoel en versier met sjokoladeversiersel of na smaak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page