KARRINGMELKBESKUIT MET BRUINSUIKER
Resep en foto: Helena Erwee
- 12 koppies koekmeel
- 12 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels sout
- 500 g margarien
- 2 koppies bruinsuiker
- 2 eiers
- 2 teelepels koeksoda
- 2 teelepels asyn
- 4 koppies Amasi
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak.
- Meng die margarien en suiker saam en voeg die eiers by, klits tot goed gemeng.
- Meng die koeksoda met die asyn in ‘n koppie en voeg dit by die bottermengel saam met die Amasi en meng deur.
- Voeg die vloeistofmengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
- Die deeg is nie baie styf nie, indien verkies kan nog ‘n koppie meel bygevoeg word.
- Plaas die deeg in voorbereide beskuit panne van jou keuse en plaas die beskuit dadelik in die voorverhitte oond.
- Bak die beskuit vir 50 minute by 180ºC, of tot ‘n toetspen skoon uitkom wanneer getoets word.
- Haal die beskuit uit die panne en laat afkoel.
- Breuk die afgekoelde beskuit in stukke soos verkies en droog die stukke beskuit, oornag uit in ‘n koel oond by 70ºC.
Nota:
Ek het die beskuitpanne met die snyers gebruik.
Category:

