Your Recipe Blog

MAKLIKE SKAAPBOUD OP DIE STOOF

Recipe by
Cook: 3-4 ure

MAKLIKE SKAAPBOUD OP DIE STOOF

Resep en foto’s: Stefaans Blaauw
GEEN marinades nodig, geen karringmelk, geen souse, nie gestop met enige vet of knoffel nie. Geen beef stock of enige stock word bygevoeg nie.

  • skaapboud
  • sout
  • peper
  • koljander
  • 3 eetlepels bruinasyn
  • 1 – 2 naeltjies
  • ½ pot water
  • gekerfde uie, na smaak
  • aartappels, in kwarte gesny
  • Vryf die boud in met die speserye en bruinasyn. Plaas in ‘n pot saam met die naeltjies.
  • Kook in ‘n halwe pot water vir ongeveer 3 ure.
  • Laat droog kook en potbraai die boud in sy eie vet (nie kookolie nie) saam met die gekerfde uie.
  • Voeg dan nog ongeveer 2 koppies water by en voeg die aartappelkwarte by die bruinsous in die pot.
  • Kook totdat die aartappels sag is en die sous lekker verdik het.

Bedien soos verkies met rys en groente.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page